Volume 2 – Tussen Niks en Nêrens

In die tweede volume van Die Landsbergs is Nick Landsberg, as die nuwe kaptein van die ruimteskip Sofia, weer op die spoor van die ruimterower Tomas Salvinski. 'n Fratsongeluk stuur die ruimteskip Sofia en haar bemanning terug na die Aarde toe, in die jaar 2020.

Om sake te vererger, is die beeldskone, blonde Katryn Verhoef ook aan boord. Nick moet noodgedwonge saam met Katryn werk om 'n nuwe KI en VALS-enjin te vervaardig.

Sal die reisigers die struikelblokke te bowe kom, of sal hulle moet agterbly op 'n gedoemde Aarde?

QR kode | Tussen Niks en Nêrens | Die Landsbergs - Volume 2
QR kode | Tussen Niks en Nêrens | Die Landsbergs - Volume 2

Ook in hierdie reeks:

  • Ruimtereis na Nêrens | Die Landsbergs - Volume 1
  • Tussen Niks en Nêrens - Volume 2
  • Stille Waters, Diepe Grond | Die Landsbergs - Volume 3