Welkom by die Avontuur
Sluit aan by die Landsbergs terwyl hulle deur die heelal vlieg, van losprysjagters en ruimterowers tot geheime sendings en 'n reis terug in tyd na 'n gedoemde Aarde. Maak kennis met Danie, Nick en Anandee, maar wat gebeur wanneer die mense vir wie hulle lief is, nie is wie hulle voorgee om te wees nie?
Bessie het haar geheue verloor en word vir misdade aangekla wat sy nooit gepleeg het nie. Nick moet saam met die een vrou wat hy nie kan verdra nie, 'n nuwe KI en VALS-enjin bou. Anandee neem die Alliansie se donkerste sendings aan en moet 'n liefde in die gesig staar wat met 'n gevaarlike verlede kom. Elkeen word gejaag deur geheime, vyande en 'n verlede wat hulle nie kan ontvlug nie.
Sal hulle veilig tuis kom, en sal liefde genoeg wees om hulle te red?
- Volume 1 – Ruimtereis na Nêrens
-
Elizabeth Moss - Bessie - is 'n gevangene op Danie Landsberg se ruimteskip. Die aantreklike losprysjagter maak haar knieë lam. Naydien Huisamen, die regte misdadiger, het die Landsbergs mislei om vir Bessie te vang. Saam met ruimterower, Tomas Salvinski, steel Naydien vir Bessie om die losprys op haar te eis. Danie deurkruis die heelal om Bessie te red. Sal hy ooit betyds by haar uitkom?
- Volume 2 – Tussen Niks en Nêrens
- Volume 3 – Stille Waters, Diepe Grond
-
Die lewe neem 'n donker wending vir Agent Anandee Landsberg, wanneer sy vir Agent Brent Turner raakloop op die Darwin-ruimtestasie. Sy verlede haal hom in en hy vrees dat hy Anandee sal verloor as sy uitvind wie en wat hy regtig is. Anandee sit haar sending alleen voort en leer die lelike kant van die samelewing ken. Hulle storie is nie vir sissies nie. Is hulle gedoem, of sal die liefde alles bedek?


